Die Pumas se laerskole rugbyspan, met twee Laerskool Middelburg spelers in sy geledere, het op die eerste dag van die Cravenweek in Bloemfontein met 12-0 teen Griekwas gewen.
Die span speel vandag om 13:00 teen die Griffons.
’n Interessante wedsryd vandag gaan die een tussen die ou aartsvyande die Blou Bulle en die Westelike Provinsie wees.
Die Puma Akademiespan het met 15-14 teen Boland gewen.
Dié span speel vandag in die hoofwedstryd teen die Haaie.
Dit gaan tot dusver goed met die Puma spanne.
By die o/15 en o/17 Afgriweke het die Pumas se o/15 A-span met 18-16 teen Griekwas gewen.
Die span speel vandag teen die Blou Bulle, wat die Griffons 22-8 geklop het.
By die Grant Khomoweek by Kearsney College het die Pumas 32-29 teen die Boland gewen nadat hule rustyd 16-10 voor was.
Woensdag 1 Julie speel die Puma span om 12:00 teen die Haaie.
*Muller Potgieter en Nicus van der Merwe is die twee spelers van Laerskool Middelburg wat vir die Cravenweek span in aksie is.
*Die Pumas se o/15 B-span het ongelukkig met 15-5 teen die Blou Bulle vasgeval.
