News

Twee voorvalle van padwoede

Twee voorvalle van padwoede waar motoriste oorgegaan het tot fisiese geweld, het op die dorp plaasgevind.

In beide gevalle word die slagoffers se name anoniem gehou omdat hulle vrees vir viktimisasie.

In die eerste voorval, wat net na 17:00 Woensdag, 19 Augustus, gebeur het, het ‘n man en vrou en hul vier maande-oue baba na parkering gesoek by die Wonderpark sentrum. Hulle het om ‘n Hyundai H1 bussie, wat in die pad gestaan het, gery en by ‘n parkering ingetrek.

Die volgende oomblik het die bussie agter hulle kom stilhou, sodat hulle in die parkering vasgetrek was, en daar het mans by die bussie se deur uitgepeul. Die vrou vertel dat hulle vreeslik op haar en haar man begin skree het. Die groep mans het die egpaar so omsingel dat die vrou glad nie by haar kind in hul motor kon uitkom nie.

Die mans het gevloek en geskree en die verskrikte egpaar tot met die dood gedreig deur te sê dat hulle hul sal “vrek skiet en dood steek.” Van die mans het ook aan haar man begin stamp.

Die situasie is ontlont toe ‘n sekuriteitswag en onbekende man ingegryp het en dit vir die egpaar moontlik te maak om weer terug in hul motor te klim. Hulle moes toe wag vir die bussie om weg te trek voordat hulle kon vlug.

Minder as 24 uur later is ‘n vrou, wat pas haar kind by Laerskool Middelburg gaan aflaai het, deur twee mans in ‘n geel/oranje dubbelkajuit bakkie aangeval. Die vrou sê dat haar voertuig effe skuins gestaan het by die verkeerslig waar Beyers Naude- en Lilian Ngoyistraat kruis. Die geel dubbelkajuit kon nie verby kom om regs te draai nie.

Twee woedende mans het uit die voertuig gespring en aan haar deure kom ruk en haar motor geskop. Sy het gevlug toe die verkeerslig groen word.

Kapt. Khanyisile Zwane sê dat dit belangrik is om iemand wat sy humeur in die verkeer verloor, nie te konfronteer nie. Sy raai aan dat slagoffers hul vensters en deure toe hou en weg ry so gou as wat dit moontlik is.

“As jy bedreig voel, ry na die naaste polisiestasie. Ons almal weet van die voorval in Gauteng waar iemand doodgeskiet is. Moet glad nie probeer om die situasie te ontlont sonder die teenwoordigheid van die polisie nie.”

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button