Die VF+ leier dr. Corné Mulder sal die week in Middelburg wees om skouers met plaaslike kiesers te skuur.
Die geleentheid sal ‘n platform bied om gedagtes te ruil oor die uitdagings wat die gemeenskap in die gesig staar.
Daar sal ook uitgebrei word op die pad vorentoe vir plaaslike regerings, en die party se visie vir ‘n vooruitstrewende toekoms.
Mulder sal ‘n toespraak lewer waarna kans vir vrae gegun sal word.
Die geleentheid vind Donderdag om 18:00 by die Rustic Field Lodge op die ou-Witbankpad plaas.
Skakel vir Sharon Schlachter by 076 389 0720 vir meer besonderhede.
Emalahleni kiesers is ook welkom.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!