News

Ongeluk eis Kraai

Die bekende plaaslike duiweboer en wedvlug-kampioen, mnr. Kraai van Kraayenburg, is Vrydag saam met sy broer, Nico, dood na 'n kop-aan-kop botsing. Die botsing het omstreeks 13:30 op die R550, tussen Nigel en die N3, plaasgevind.

Beide die Van Kraayenburg broers is op die toneel dood verklaar, terwyl mnr. John Ruthven (72) van Overkruin, Heidelberg, ernstige gesig-, rug- en borsbeserings opgedoen het.

Paramedici het ongeveer 45-minute lank gespook om Nico, wat in die voertuig vasgekeer was, aan die lewe te hou.

Hy is dood sekondes nadat hy uit die voertuig gesny is.

Mnr. Ruthven is met ‘n helikopter na Alberton afgevoer, waar hy Saterdag rekonstruktiewe chirurgie aan sy gesig ondergaan het.

Sy vrou, Dina, het Woensdag gesê dat mnr. Ruthven nog nie kon vertel wat aanleiding tot die botsing gegee het nie.

Mev. Charen van Kraayenburg, Kraai se weduwee, wat jare lank verbonde is aan Middelburg Primary, sê daar word vermoed dat mnr. Ruthven moontlik ‘n floute agter die stuur gehad het en in die Van Kraayenburgs se baan inbeweeg het.

Die Van Kraayenburgs het die botsing probeer vermy deur na die skouer van die pad te beweeg, waar mnr. Ruthven het hulle vol van voor getref.Mnr. Ruthven het onlangs ‘n hartomleiding ondergaan.

Hulle het al Elite Duiweklub se oefenduiwe, sowel as kraai se duiwe, in Vereeniging gaan loslaat vir ‘n oefenvlug, en op pad terug na Nigel verongeluk. Mnr. van Kraayenburg het ook voor die botsing duiwekos verkoop en sy seun, Shaun, sê die feit dat die duiwe losgelaat is voor die botsing, geluk by die ongeluk was.

“Daar was niks van die sleepwaentjie oor nie, was die duiwe daar binne, was daar derduisende rande se ekstra skade vir klublede,” sê Shaun.

Die broers sou in Nigel ekstra ertjies en koring koop vir die meng van duiwekos, maar het nooit hul bestemming bereik nie.

Shaun sê dat selfs van sy pa se wedvlugduiwe saam met hom Springbok kleure verwerf het.

“Hy was altyd gereed om nuwelinge te help om die sport te betree, en al het hy sy wedvlug geheime met almal wat wou luister gedeel, het hy hulle steeds geklop,” het Shaun Donderdag bedroef sy pa onthou.

“Ons gaan hom ontsaglik baie mis,” het hy hartseer gesê.

Nico is Donderdag in Sundra ter ruste gelê, terwyl daar Vrydag (vandag), om 11:00 vanuit die St John’s Presbiteriaanse Kerk , in Bhimy Damanestraat, van Kraai afskeid geneem sal word.

Kraai was landwyd bekend as duiweboer en het verskeie kere nasionale kleure in dié sport behaal.

Lees verwante stories hier:

Update: Six die after horrific accident

Video: Voertuie versper ambulans

Killed in accident

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button