News

Nelspruiter Megan Botha wen silwer in Afrika padwedren

Suid-Afrika se vroue ryg die medaljes in nadat die land aanvanklik ’n medaljedroogte beleef het.

Suid-Afrika het vanmiddag ’n ongekende medaljeoes gehad in die Afrika fietsry kampioenskappe met twee goue medaljes, twee silwer en ’n brons.

Een van die uitstaande vertonings was die van Nelspruit se Megan Botha.

Sy het ’n silwer medalje in die o.23 vroue afdeling gewen, met haar spanmaat, Marzaan Mellett, wat goud ingepalm het.

Hulle was algeheel vyfde en sesde in die 122 kilometer padwedren in Kenia.

Oud Middelburger Magda Nieuwoudt is die vroue Afrika fietsry kampioen vir elite vroue.

Sy het die padwedren in 3:28:50 gewen en stap met ’n goue medalje weg.

Dit is haar tweede goue medalje nadat sy ook deel was van die gemengde span wat ’n goue medalje verower het.

Lisa Bone het ’n silwer medalje vir Suid-Afrika verower en Tiffany Keep brons.

Rwanda spog met die vierde plek. Diane Ingabire het ’n podiumplek net-net misgeloop.

Sy is gevolg deur Mellett en Botha.

Die mans padwedren vind more plaas waar die twee ervare Middelburgers, Gustav Basson en Thokozani Mahlangu op die inskrywingslys is saam met Simon Ferreira, Callum Ormiston, Danival Matthews, Rhys Burrell, Wijan Nieuwoudt, Emile van Niekerk, Ryno Schutte en  Joshua Dike.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button