Middelburg fietsryer Magda Nieuwoudt is goud, pure goud
Nelspruiter Megan Botha lewer goeie vertoning in padwedren
Magda Nieuwoudt is die vroue Afrika fietsry kampioen.
Die oud Middelburger het vanmiddag die Afrika kampioenskappe padwedren oor 122 kilometer, wat in Kenia aangebied word, in 3:28:50 gewen.
Lisa Bone het ’n silwer medalje vir Suid-Afrika verower en Tiffany Keep het seker gemaak die reënboognasie staan al die podiumplekke vol, met haar brons.
Rwanda spog met die vierde plek. Diane Ingabire het ’n podiumplek net-net misgeloop.
Sy is gevolg deur nog twee Suid-Afrikaanse fietsryers, Marzaan Mellett en Nelspruit se Megan Botha.
Die mans padwedren vind more plaas waar die twee ervare Middelburgers, Gustav Basson en Thokozani Mahlangu op die inskrywingslys is saam met Simon Ferreira, Callum Ormiston, Danival Matthews, Rhys Burrell, Wijan Nieuwoudt, Emile van Niekerk, Ryno Schutte en Joshua Dike.
