News
Nog ’n goue medalje vir Suid-Afrika
Oud HTS Middelburg leerling in top tien by Afrika fietsry kampioenskappe.
Na Magda Nieuwoudt se goue medalje gister in die vroue padwedren tydens die Afrika fietsry kampioenskappe in Kenia, het Callum Ormiston dit vanmiddag dubbelgoud vir die land gemaak.
Die jong Suid-Afrikaner het die goue medalje voor die neus van Marokko se Driss El Alouani weggeraap, met Eritrea se Hebron Berhane derde.
Die oud HTS Middelburg leerling, Gustav Basson, was tiende in die 153km wedren.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
