NewsUpdate

Opvolg: Gejuig toe Marais die pad vat

Boere en inwoners van die Loskopdam-vallei juig oor die bedanking van die omstrede Forever Loskop baas, mnr. Cobus Marais, wat twee keer in die hof verskyn het.

Die klagtes het gespruit uit ‘n voorval wat in Maart 2014 plaasgevind het, waarin Marais na bewering vir Johannes Lodewikus Ceronie aangerand het deur hom op die been te skop.

Die wreedheid teenoor diere klag is teen hom geopen omdat hy glo op dieselfde dag ‘n hond geskop het.

Landdros JP de Klerk het die saak egter in Maart van die rol geskrap toe die dossier nie in die hof was nie.

Marais het hom verskeie maal die woede van die gemeenskap op die hals gehaal oor sy optrede.

Besoekers van elders het hulle tot die klawerf, Hellopeter.com, gewend om oor die bestuur se “ongeskikte” houding te kla – “Moet nié by die oord gaan bly nie, dit is kosbare tyd vermors,” was een van die klaers se mening. Die Observer het verneem dat mnr. Marais nou sy eie besigheid in vennootskap met ‘n familielid bedryf.

Die oord is nou onder die waarnemende bestuur van mnr. Arthur Nieuwoudt, ‘n voormalige Loskop oorbestuurder, wat volgende week amptelik die leisels daar oorneem.

Oordbestuurder skotvry uit hof

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button