News
Video: Tiener drink, steel kar
'n Jong man het Dinsdagoggend net na 01:00, besope deur die Sasol vulstasie in Beyers Naudestraat se winkelruit met 'n gesteelde kar gejaag.
JP Maritz, ‘n APS karoppasser wat gewoonlik in OR Tambostraat of Walter Sisulustraat werksaam was, het sedert sy vrylating Dinsdag spoorloos verdwyn.
Kliënte moes Dinsdag katvoet loop in die Sasol gerieflikheidswinkel waar glasskerwe steeds oor die vloer gesaai gelê het, terwyl die eienaar van die vulstasie, mnr. Albert Cilliers, sake met sy versekeraars uitsorteer het.
Teen omstreeks 11:00 was die enorme glaspaneel vervang.
Die polisie sê dat Maritz so besope was dat hy nie ‘n kontaknommer of adres tydens sy arrestasie kon verskaf nie. Hy het boonop sonder ‘n lisensie bestuur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
