News

Neline steeds weg

Daar word oral gesoek na 13 jarige meisie van Middelburg wat Donderdag weg geraak het.

Donderdagaand was Middelburg se strate in rep en roer soos wat inwoners help soek het na Nerine van Zyl, ’n Graad 7 leerling by Laerskool C.R. Swart. Voertuie met groen ligte (wat deur die radiogroepe gebruik word) of met noodligte aan het die dorp se strate gefynkam.

Nerine se ma, Petra, sê dat haar kind die middag na skool vinnig na die HTS Middelburg se gronde is om te kyk hoe haar vriend krieket speel. Sy sou van daar na haar dansklasse by die NG Suid Kerksaal gaan.

Hulle het eers onraad vermoed toe hulle haar nie 16:30 na afloop van die dansklasse kon kry nie. Teen 17:00 het haar vriend vir Petra ’n SMS boodskap gestuur en gevra hoekom Neline nooit by die krieket opgedaag het nie.

’n Vrou wat haar kind by die skool gaan oplaai het, het vertel dat sy vir Nerine Donderdagmiddag op die HTS Middelburg se gronde gesien het in die geselskap van ’n ouer seun. Dit het haar opgeval omdat sy baie jonk was en die seun veel ouer.

Sy is laas omstreeks 14:15 in die omgewing van die Engen Vulstasie langs HTS gesien.

Daar is tans ’n intensiewe ondersoek na haar verdwyning. Op versoek word sekere van die inligting wat aan die Middelburg Observer bekend is weerhou, omdat dit pogings om haar op te spoor in die wiele kan ry.

“Ons kan nie genoeg dankie sê vir almal wat ons help nie. Vriende, kollegas en vreemdelinge. Op hierdie oomblik kan ons net vasklou aan die hoop dat ons haar gaan opspoor,” het Petra gesê.

Enige iemand met inligting word versoek om Rehana Pilodia, die CPF Voorsitter, te kontak by 082 412 8029.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button