News
Middelburg se Gustav en Magda is Afrika fietsry kampioene
Mauritius en Rwanda is tweede en derde.
Die twee Middelburgers, Gustav Basson en Magda Nieuwoudt, het Suid-Afrika gister gehelp om ’n goue medalje te wen in die Afrika fietsry kampioenskappe se gemengde aflos oor net meer as 40km.
Gustav is ’n oudleerling van HTS Middelburg en Magda van die Gekombineerde Skool Christiana.

Die Suid-Afrikaanse span het bestaan uit Gustav en Magda, Joshua Dike, Ryno Schutte, Lucy Young en Lisa Bone.
Mauritius was tweede en Rwanda derde in die aflos.
Die twee elite fietsryers moet nog more en Sondag aan die padfietswedren deelneem.
Magda trap Saterdagoggend 122km en Gustav Sondag 175km.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
