News

KYK: Bobbejaan vlug oor spoorlyn na Aerorand-woonbuurt

’n Bobbejaan het weer Middelburg op hol en Aerorand se inwoners op hul hoede.

Daar lê ’n opwindende naweek voor vir die inwoners van Aerorand.

Die bobbejaan wat Roberts Landgoed gister op hol gehad het, het vanoggend oor die spoorlyn gevlug in die rigting van Aerorand.

Kyk op TikTok: https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7699845550140640564

Hy is vroeg vanoggend, 23 Oktober, in Hexrivierstraat en later in Kurumanstraat gewaar.

Die bobbejaan spring soos ’n krimineel van muur tot muur en het die buurt se honde behoorlik aan die tjank.

Raadslid Hennie Niemann sê dat wildboer Deon Cornelius die bobbejaan die vorige keer toe hy in Aerorand was, gevang en hervestig het.

Kyk op YouTube: https://www.youtube.com/watch?v=vzrMQJkt_iQ

Bobbejane het Middelburg die afgelope paar jaar al talle benoude, maar ook komiese, oomblikke besorg.

Een keer het ’n bobbejaan oor die speelgronde van Hoërskool Kanonkop gevlug, wat skole in die omgewing genoop het om leerlinge eerder in hul klaskamers te hou.

’n Ander keer het ’n bobbejaan ’n Staffordshire-terriër so hard in Dennesig geklap dat die hond bollemakiesie geslaan het.

Toe die huisbewoners tuiskom, het die huishulp grootoog vertel: “Daai bobjaan, hy het Wagter geklap, hy rol-rol so.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button