NewsUpdate

Video – Opvolg: Beloning vir Neline

Waar is Neline van Zyl? Dit is die vraag wat oor en oor sedert Donderdagaand gevra word, nadat die mooi dertienjarige leerling van Laerskool Staatspresident C.R. Swart verdwyn het.

Riemtelegramme vlieg die dorp vol van Neline wat gekry is tot dat sy in eMalahleni gesien is.

Soekgeselskappe het die omgewing vanaf Laerskool C.R. Swart tot die gebedsoond gefynkam en ’n roerende gebedsmiddag is Sondag by haar ouerhuis in Hexrivierstraat gehou.

Teen Maandagmiddag was daar egter steeds geen teken van Neline nie.

Middelburg is nie die engiste plek waar daar op die oomblik na ’n vermiste kind gesoek word nie en op sosiale media is gewonder of Sonique van Wyk (14) se verdwyning nie verbind kan word met die van Neline nie.

Net twee dae voordat Neline uit Middelburg weggeraak het, het Sonique (14), van Centurion, op 8 September, uit Centurion weggeraak.

Sonique is laaste deur veiligheidswagte by haar woonkompleks in Rooihuiskraal gesien. Enige iemand met inligting oor haar verdwyning kan vir A/o J.J. Maqloid by (012) 685 0000 of 072 536 7810 bel.

•Die Middelburg Observer het op versoek plakkate laat druk van Neline se verdwyning wat by die redaksiekantoor in Meyerstraat vanaf 12:30 afgehaal kan word, indien mense dit wil opsit by besighede of op hulle karre wil plak.

Die Middelburg Observer sapn. Posters kan by die Observer kom afhaal word.
Die Middelburg Observer Redaksie span. Posters kan by die Observer kom afhaal word.

Lees vorige stories hier:

Sonique verdwyn kort voor Neline

Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline

Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline

Opvolg: Nog niks oor Neline

Neline steeds weg

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button