Video: Ouers se pleidooi – bring ons dogter terug
“As jy my kan hoor Nienie, bel my net en sê net vir my jy is okay. As iemand anders my kind gevat het, bring haar asseblief terug. Ons kan nie baie langer uithou nie.” Dit was die emosionele pleidooi van Petra van Zyl, die vermiste Neline sê ma.
Neline (13) is Donderdag net voor 14:00 vir die laaste keer gesien toe sy haar sakke by haar broer Ruan se werk gaan los het.
Sy sou saam met haar vriend Frikkie Delport na ’n krieketwedstryd by die Hoër Tegniese Skool gaan kyk het voordat sy 14:30 na haar dansklasse net oorkant die straat van die hoërskool sou gaan.
Sy is nooit weer gesien nie en haar foon is sedertdien af. Die soektog na haar het tot op hede geen positiewe resultate gelewer nie.
“Iets is nie reg met hierdie prentjie nie. Hier is êrens groot fout. Hierdie is nie my Neline nie. Dis nie my kind nie, my kind maak nie so nie,” het mev. Van Zyl gesê.
“Daar is mense wat besig is om siek te word oor haar verdwyning. Ek is bekommerd oor my pa, dit gaan glad nie goed met sy gesondheid nie. Neline is een van drie kleinkinders. Haar oupa en ouma vat hierdie ding glad nie goed nie. As sy iets moet oorkom sal hulle dit nie maak nie.”
Sy vertel dat Neline se kat sedert haar verdwyning heeltyd op haar bed lê en wag. As die hek oopgaan spring kietsie op, net om later teleurgesteld weer op haar bed te kom lê en wag.
Toe daar ’n plakkaat van die vermiste Neline op haar bed neergesit word, klim haar kat sonder om te aarsel bo-op die papier en gaan lê met sy gesig teen haar foto.
Daar is ’n R12 000 beloning aangebied vir inligting wat help om Neline op te spoor. Enige iemand met informasie kan vir Lt.kol Van Schalkwyk bel by 083 230 8054.
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
