Opvolg: Steeds geen teken van Neline
Terwyl die Suid-Afrikaanse Polisie onverpoos werk om die dertienjarige Neline van Zyl op te spoor, nadat sy Donderdagaand verdwyn het, was daar teen Dinsdagoggend nog geen teken van haar nie.

Die Middelburg Observer het Maandagoggend plakkate laat druk, wat by skole en reg oor die dorp opgesit is, terwyl ’n inwoner spesiaal na Groblersdal en Marble Hall gery het om ook daar plakkate aan te bring.

Daar is aan die begin van haar verdwyning vermoed dat sy in die Groblersdal omgewing is, maar leidrade en ’n ondersoek op ’n plaas het niks opgelewer nie.
Die Observer se susterskoerant, Die Daller, se joernalis, Janine van Staden, was op die plaas waar die Polisie haar toegang geweier het terwyl ’n privaat sekuriteitsmaatskappy die plaashek bewaak het.
Neline se ouers, Roelof en Petra, het Maandagmiddag ’n roerende pleidooi gelewer dat sy terugkeer huistoe of as iemand haar teen haar sin iewers aanhou, dat hulle haar “net by die hek moet aflaai”.
Daar is nog honderd plakkate beskikbaar by die Observer se kantore in Meyerstraat indien inwoners dit op hulle kar wil plak of by besighede wil opsit. Dit kan by die ontvangs afgehaal word.
Jana Boshoff van die redaksiekantoor is die joernalis op die storie en sy kan by 072 248 3855 gebel word.
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
