NewsUpdate

Opvolg: Neline verdagte in hof

Die eerste hofverskyning van die 17-jarige seun teen wie ’n aanklag van ontvoering ondersoek word, het stil-stil in die kinderhof plaasgevind.

Die seun, in ’n gekreukelde blou T-hemp, was vergesel deur sy ma, sy regsverteenwoordiger en die ondersoekbeampte.

Sy ma, wat klein langs hom gelyk het, het met albei haar arms styf om sy middel geklou en hy het sy regterhand om haar skouers gehad, terwyl hulle na die kinderhofsaal aangestap het.

Daar was onsekerheid oor waarheen die seun gaan terwyl hy wag vir sy volgende hofdatum. In ’n gesprek buite die hofsaal het die familie se regsverteenwoordiger gesê dat hy nie gaan versoek dat die seun in sy ma se sorg vrygelaat word nie, “ter wille van jou en jou ander kinders se veiligheid.”

Sy ma wou hom nie in die selle laat bly nie en het telefonies gesoek vir ’n plek van veiligheid waar hy kan bly tot sy volgende hofverskyning.

“Asseblief! Kan jy hom kom haal?” het sy ma oor die foon gepleit met ’n onbekende persoon.

Die seun staar ’n aanklag van ontvoering in die gesig nadat hy na bewering vir Neline van Zyl (13) van Middelburg na Groblersdal vervoer het en op sy ouers se plaas versteek het. Sy is ses dae na haar verdwying by ’n gastehuis in die Loskopdam area opgespoor naby die Damwal sentrum.

Daar is vanmiddag 17:00 ’n samekoms voor die Van Zyl gesin se huis op die hoek van Hexrivier- en Keiskammastraat om dankie te sê vir haar veilige terugkeer nadat daar laasweek Sondag deur sowat 200 mense gebid is vir haar terwyl sy weg was.

Opvolg: Dankseggings vir Neline se terugkeer

Neline gekry!

Video: Parents plead for return of missing daughter

Video – Opvolg: Beloning vir Neline

Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline

Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline

Opvolg: Nog niks oor Neline

Neline steeds weg

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button