NewsUpdate

Opvolg: Twee ure later is sy gevind

Twee ure nadat 'n Indiërman vir die Van Zyl egpaar gesê het dat Neline voor Sondag veilig gevind sal word, het hulle die boodskap gekry dat sy veilig is.

En net daar, in ‘n sitkamer by die mense waar hy tuisgaan, is ‘n sirkel van mense gevorm en het “die man van God” in ‘n eenvoudige gebed die Here gedank dat “Hy sy beloftes getrou nagekom het.”

Wie is die skraal Indiërman wat die afgelope paar dae vir mense gebid het tydens byeenkomste, waar “wonderwerke” plaasgevind en mense tot bekering gekom het?

“Sê net ek is ‘n verbygaande prediker wat nog Donderdag, Vrydag en Saterdag vir mense sal bid,” het hy Woensdagmiddag vir die joernalis gesê.

Hy wou geen lang onderhoude toestaan nie, nie sy naam in die koerant gepubliseer hê nie en was baie nederig dat daar wonderwerke plaasgevind het.

“Ek praat net soos die Here my lei.”

Hoe hy hier gekom het en waarom hy hier is, brei hy ook nie eintlik uit nie.

Hy gaan tans tuis by mnr. en me. Casper en Colette Labuschagné. Hy was besig om te ryloop na Groblersdal en mnr. Labuschagné het hom naby die plaas opgelaai en hom iets te ete aangebied.

Later het hy sy getuienis met ‘n paar boere in die omgewing gedeel. Die getuienis het gelei tot nog twee byeenkomste wat elke keer ‘n vol stoor getrek het.

“Ek het eers bril gedra, toe maak Jesus my gesond,” sê die sewejarige Erich Coetzee, terwyl hy die dik bril vir die joernalis wys. Sy ma, Colette, sê hy kon “amper niks sien nie. Hierdie man is ‘n instrument in die Here se hande.”

Tydens een van die geleenthede het me. Susan Jansen gevra dat hy vir haar bid, want sy het geweldige rugpyn gehad. Sy het ‘n werweloorplanting gehad en elke dag van haar lewe pyn gehad. “Ek het byna géén pyn meer nie. Hy is ‘n Godsman. Dit is ongelooflik hoe hy sy geloof uitleef! ‘n Mens kan nie glo dat die Here só magtig is nie!”

By die byeenkomste het vele mense hul sondes bely en ook tot bekering gekom.

‘n Bekende sakeman (wat verkies om anoniem wil bly) sê hy het die eerste keer met die man te doen gekry op die N4. Hy het reeds deur ander mense van die man gehoor, maar het toe nog nie een van die dienste bygewoon of hom ontmoet nie.

Hy was oppad na die OR Tambo Lughawe, toe hy die ouerige man langs die pad opmerk. “Ek tel nooit rylopers op nie en ek weet nie hoekom ek gestop het nie, maar ek het die man opgelaai.”

Die oomblik toe hy in die voertuig klim, het hy vir hom gesê: “die Here het gesê ek moet vir jou wag. Hy het ‘n afspraak by iemand in Johannesburg gehad vir wie hy moes bid by haar sterfbed. Die afspraak was 10:00 en hy het absoluut op die Here vertrou om betyds te wees. Ek het hom drie minute voor 10 by die huis afgelaai.”

Die sakeman sê dat “hy ‘n baie nederige man is met ‘n eenvoudige boodskap. Almal het ‘n roepe na die Here en hy bring dit vir die mense. Hy is die vreemdeling langs die pad wat tans iets beteken vir ander.”

• Die byeenkomste (Donderdag tot Saterdag dié naweek) word om 19:00 gehou op die Koelenhof plot (Loskopdampad) in ‘n stoor. Die plot draai regs uit, net na die vliegveld by DC1 (daar sal aanwysings wees by die indraai). Vir navrae, bel Joggie Hesselman by 082 953 2295 of Jan-Hendrik Coetzee by 082 446 4626. Mense wat die byeenkomste wil bywoon, moet onthou om stoele saam te neem.

“Sê vir almal wat depressief is, huweliksprobleme het of vir wie ek moet bid, om te kom. Dit gaan nie oor die gesondmaak nie, dit gaan daaroor dat mense na die Here toe moet kom, dán sal hulle gesond word!”

Neline gekry!

Video: Parents plead for return of missing daughter

Video – Opvolg: Beloning vir Neline

Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline

Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline

Opvolg: Nog niks oor Neline

Neline steeds weg

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button