Opvolg: Verlore en terug gevind
Bybel vertel ook van ‘n Seun wat weg was …. Ek dink die storie se naam behoort nie te wees: die verlore seun nie. Maar dalk die verlore seuns.

• Die week in Middelburg
• Neline van Zyl paar dae weg was / hele gemeenskap soek
• Die vreugde van haar ouers – lewendig terug gevind
• Baie verhale in SA ouers nie so gelukkig om terug te vind
Luk. 15 v 11-24
Want die probleem by die ouer seun was net so groot as die by die jonger seun.
Hierdie is die verhaal van God se liefde vir ‘n verlore sondaar wat sy skuld besef en na God toe kom om reg te maak.
Die vraag is waar jy jouself op hierdie oomblik bevind in God se oë.
Is jy by die Vader in die warmte van Sy huis en Sy teenwoor-digheid? Belewe jy Sy nabyheid? Ervaar jy Sy liefde en hoor jy Sy stem?
Hoor jy Sy opdragte en gehoorsaam jy dit stiptelik? Belewe jy iets van die vreugde van die Here se teenwoordig-heid?
Verbly jy jou in die feesvieringe en die heerlike kos en versorging van die Vader?
Of beleef jy dalk geestelike doodsheid?
Voel dit vir jou dat jy ver is van die Vader se huis, dat jy nie naby jou Hemelse Vader is nie, en dat jy in ‘n sekere sin dood is in jouself?
Het jy van God weggedwaal?
• Dis moontlik om van God weg te dwaal sonder dat jy wegraak uit die kerk.
‘n Mens kan bloot in jou gedagtes van God begin vervreem. Hierdie seun in die verhaal was vir ‘n lang tyd by sy pa in die huis, maar naderhand het hy al meer sy eie ding begin doen.
In sy gedagtes het hy gehunker na die sondige wêreld daarbuite.
Die verlokking van geld en buitehuwelikse seks was soos ‘n wortel wat voor hom gehang het en het gemaak dat hysoos ‘n donkie daaragter stap, sonder om te sien dat hy besig is om in die afgrond in te beweeg.
• Hierdie jongste seun se liefde vir die Vader het begin afkoel.
Volgens Openbaring 2:4 moet ons onsself afvra of ons liefde vir die Here dalk begin afkoel het.
Is die Here nog ons eerste en hoogste prioriteit in ons lewe? Doen ons wat Hy sê, of het ons begin om te lewe soos ons lus is en soos wat ons wil?
• Ons wegdwaal van die Here sal nie net in ons gedagtes bly nie.
As ons in ons hart begin wegskuif het van die Vader, sal ons woorde binnekort begin wys dat ons van God weg-beweeg het.
Soms troos ons onsself dat ons tog nog besig is met die dinge van die Here en betrokke is by die kerk, maar ons doen dit miskien bloot uit tradisie en gewoonte.
• Ons liefde vir die Here is nie meer dieselfde nie.
Ons gaan wel kerk toe en ons lees nog ons Bybel, maar mettertyd betrap ons onsself dat ons begin praat soos die wêreld en spoedig keuses begin openbaar maak, dat ons nie meer by die Vader is soos wat ons vroeër was nie.
Wanneer ‘n mens in jou gedagtes begin wegdraai het van God, gaan jy dit nie net begin bekend maak deur woorde nie, maar ook met dade.
Hierdie seun het uiteindelik openlik weggebreek en sy eie pad begin loop.
Hy het nie meer tyd gehad vir die dinge van sy vader nie.
Hy was verblind en kon nie sien dat die mag van die bose hom in die afgrond in sleep nie.
Die groot vraag is of jy regtig van harte nog by die Vader is en Hom liefhet bo alles en bo almal? Of het jy dalk begin wegdwaal?
GOD ROEP JOU TOT BESINNING
Is jy bereid om na te dink oor jou lewe? Om tyd te maak om met God oor jou lewe te praat. Is jy bereid om jou lewenslêer uit te haal en op die tafel te sit en vir God te vra om vir jou te kom sê of Hy tevrede is met jou lewe?
Die seun in Jesus se verhaal het tot ontnug-tering en besinning gekom en besef dat hy arm, vuil en honger is. Hy het ook besef dat sy vriende nie ware vriende was nie, maar bloot mooiweers-vriende wat gekyk het wat hulle van hom kan kry.
In die varkhok was daar min ware vreugde gewees Satan mislei en verblind ons om ‘n pad te stap wat vir ons mooi en goed lyk, maar waarvan die einde die verderf is.
Wil jy nie ook omdraai na jou Pa toe nie?
God wat die Vader voorstel – is dit ook die enigste plek in die Bybel is waar God hardloop …. Om Sy kind te ontmoet
Die Vader roep jou om na Hom toe te kom. Gee jou van harte oor aan Hom.
DIE VADER SE LIEFDE WAG VIR JOU
Soos met vele gelykenisse kan elke mens identifiseer met een van die rolspelers in die gelykenis.
Watter een is ek? Die jongste seun wat op sy eie bene wou staan, deur die lewe in die maag geskop is, en gereed is om terug te keer huis toe?
Die oudste seun, sy fokus op wat hom toekom, verblind deur die eie ek – die eintlik verlore seun?
Of die Vader, wat met ‘n hart vol genade en liefde en geduld bid en wag vir verlore seuns om hul pad terug huis toe te vind. Mag dit laasgenoemde wees.
3 Hoofkarakters in de verhaal:
Oudste Seun
Was ek ook al jaloers op ander se geestelike lewe.
Hoe tevrede is ek met wat ek het
Hou ek enige bitterheid teenoor ander
Het ek al goed gesê wat ander seermaak
Vader
Hoe lyk my verhouding met my Ouers
Luister ek na hulle raad of is ek eie wys?
Onthou ek nog ‘n Ouers sal enige iets doen vir sy/haar kinders
Verlore Seun
Was ek ook dal soos hierdie seun selfsugtig/ eiewys/hardkoppig
Respekteer ek my eie liggam en versorg ek dit (varkhok)
Het ek “genuine” of mooi weersvriende?
Sit ek dalk by varkhok en verlang Sondag na Sondag na meer
Vertel: Seun loop weg van huis af
Opgesluit in tronk deurmekaar met dwelms/ vra Pa – is ek welkom terug / Trein ry na dorp / hang asb wit lint buite / knyp oë toe / vra man om te kyk / BOOM VOL WIT LINTE ….
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
