NewsUpdate

Pastoor: ‘Kyk na die verlore seuns’

Die dorp is in twee kampe verdeel na die verdwyning en opsporing van Laerskool Staatspresident C.R se Neline van Zyl.

Swart se Neline van Zyl (13). Die Van Zyl gesin is op sosiale media gekruisig en daar is gesê “sy kort net ’n goeie pakslae”. Daar was egter ook weer dankgebede by haar ouerhuis.

Maar nou het die Volle Evangelie Kerk se pastoor Renier Pelser Sondag in ’n preek gesê mense moet ophou klippe gooi.

Pastoor Pelser het na die verhaal van die verlore seun in Lukas verwys. Sy preek word ook onveranderd soos hy dit neergeskryf het, gepubliseer.

“Net soos wat die pa in die gelykenis ‘n seun gehad het wat weggeloop het, so moes ‘n Middelburg egpaar verlede week wanhopig soek terwyl hul dogter vermis was. Sy is lewendig teruggekry en haar ouers was oorstelp met vreugde wat ookal die omstandighede van haar verdwyning was”

Hierdie was ‘n ware verhaal wat goed geëindig het. Middelburg is gelukkig. Baie keer draai sulke stories heeltemal anders uit.

Pastoor Pelser meen dat die gelykenis in die Bybel eintlik ‘Die verlore seuns’ moet heet omdat daar twee seuns is wat die pad byster geraak het. Een fisies en die ander een emosioneel.

Hy sê in die verhaal, wat handel oor God se liefde vir ‘n verlore sondaar, dat die jongste seun se probleme begin het toe sy liefde vir sy vader begin afkoel het.

As jy in jou gedagtes van die Here begin wegdraai sal dit nie net by jou gedagtes bly nie, dit sal bekend word deur jou woorde en jou dade.

In die verhaal besef die seun dat hy arm, vuil en honger is en wil hy graag terug gaan na die liefde van sy Vader.

Die ander verlore seun, die ouer seun, is egter bitter daaroor eerder as om saam te juig dat sy broer veilig terug is. Hy hou aan fokus op wat hom toekom en word verblind deur die ‘eie ek’.

Hy snou woorde toe met die doel om ander seer te maak, wat hom uiteindelik die seun maak wat verlore is, al het hy nog nooit uit sy ouerhuis weggeloop nie.

Verlore en terug gevind

Video: Gebede van dankbaarheid

Update: The search for Neline

Neline gekry!

English – They found Neline

Video: Parents plead for return of missing daughter

Video – Opvolg: Beloning vir Neline

Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline

Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline

Opvolg: Nog niks oor Neline

Neline steeds weg

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button