NewsUpdate

Opvolg: ‘Ontvoer’ seun teister gesin

'n Ma het vertel van haar kind se nagmerrie ervaring met die 17 jarige seun wat tans aangekla word vir die ontvoering van Neline van Zyl.

Uit vrees vir viktimisasie en in ‘n poging om haar minderjarige seun van verdere trauma te beskerm, het sy versoek om anoniem te bly.

Haar seun het met die verdagte koppe gestamp nadat ‘n meisie in sy klas by hom kom kla het dat die ander seun pornografiese videos vir haar stuur. Toe hy hom daaroor konfronteer het die seun haar kind aan die keel gegryp. Dit het ingryping van volwasse mans gevat om hom af te kry.

Ongelukkig was dit net die begin van ‘n tyd wat hulle as familie so erg getref het dat haar seun op ‘n kursus anti-depressante moes gaan en hulle op ‘n stadium voertuie geroteer het.

Die seun het aangehou om haar kind te terroriseer. Dit het so erg geraak dat hulle polisie toe is. Daar is hulle aangeraai om ‘n interdik teen hom te kry.

Met die hofdatum was die verdagte en sy familie oorsee met vakansie. Met hulle terugkeer het die seun se ma die skool gedreig dat die saak teen haar kind laat vaar moet word of sy sou klagtes teen die mans wat hom van die ander kind afgehaal het, maak.

Op daardie stadium moes haar kind pille drink vir sy senuwees. Die seun het ook haar dogter begin treiter. Later het haar man gesê dat sy die kinders met sy voertuig moet gaan haal omdat die seun nie bekend was met die maak daarvan nie.

Hulle het ook hul kind vir selfverdedigingsklasse gestuur in ‘n poging om hom sy selfrespek terug te gee.

Na die soveelste uitstel van die hofsaak het die ouers besluit om die saak te laat vaar, omdat dit elke keer opnuut traumaties was vir hulle kind.

“Dit was ‘n absolute nagmerrie. Iets waaraan ek nie eers wil terug dink nie. Toe ek hoor van die ontvoering het ek sommer lam geword. Hulle moet daai kind ver weg bêre.”

•Volgens verskeie bronne het die beweerde ontvoerder ‘n verlede bevlek met moeilikheid.

Opvolg: Neline praat oor verdwyning

Neline gekry!

English – They found Neline

Video: Parents plead for return of missing daughter

Video – Opvolg: Beloning vir Neline

Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline

Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline

Opvolg: Nog niks oor Neline

Neline steeds weg

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button