News

Geveg met spitvurk

Met 'n spitvurk tussen hom en sy aanvallers, moes 'n man hom verskeie kere self verdedig in 'n aanval met pepersproei en 'n staal domkragpyp.

Mnr. Jan Groenewald (40) sê hy weet hy het een van die mans met die tuinvurk raakgesteek, soos hy probeer koes het vir die pyphoue en pepersproei.

Die gebeure het Donderdag vroeër al sy ontstaan gehad toe mnr. Groenewald in ‘n woordewisseling was met ‘n man. Later het die man se skoonseun hom gebel en ‘n hewige geveg oor die foon en per sms het gevolg.

Mnr. Groenewald was omstreeks 21:00 agter in sy erf in Broodboomstraat besig om te rook en selfoonboodskappe te tik, toe hy skielik van die kant af deur iemand met pepersproei in die gesig gespuit word.

“Ek het deur ‘n skrefie van my oog gesien dat daar twee was, ‘n skraal outjie en ‘n groter man, maar ek is só in die oë en gesig gespuit dat ek later niks kon sien nie.”

Mnr. Groenewald het rondgespring om uit die pad van die pyp te probeer bly. Terwyl hy gestoei het teen sy twee aanvallers, het hy onthou dat hy vroeër die middag in sy tuin met ‘n spitvurk gewerk het en het rondgetas daarna, waar dit naby ‘n boom gestaan het.

Hy het die spitvurk raakgevat en heen en weer daarmee in die lug gesteek .

Mnr. Groenewald se ouers, Jan en Poppie, en sy vyftienjarige dogter het die lawaai buite gehoor en uitgestorm waar hulle alles sien gebeur het.

Hulle het aanmekaar 10111 probeer bel, maar kon nie deurkom nie.

Mnr. Groenewald sê die geveg het na voor beweeg, waar een van die mans in die bakkie (waarmee hulle by die huis aangekom het) gespring en op hom afgejaag het. “Hy wou my doodry en ek het die spitvurk voor my gehou as beskerming!”

Mnr. Groenewald het op ‘n stadium kans gekry om by die bakkie verby te hardloop en het hulp gaan soek by mense in Oribistraat wat lede van die GPF en radiogroep in die hande gekry het. Hulle het die area gefynkam vir die verdagtes.

Sy twee aanvallers het intussen weggery en mnr. Groenewald het die saak by die polisie gaan aanmeld. “Moes ek net stilgestaan het dat hulle my in my eie erf aanval? Ek het myself net verdedig!”

• By die polisiestasie het mnr. Groenewald en sy familie vertel wat gebeur het en ook wie hy dink dit kon wees.

Die twee bekende sakemanne is deur die polisie gekontak. Slegs een kon polisie toe gaan, aangesien die ander een op daardie stadium te erg beseer was om saam te gaan.

Die polisie het, nadat daar na die mans se weergawes geluister is, gesê dat al die partye skuld aan die gebeure het en gedreig om almal toe te sluit. Die mans het besluit om nie met die sake voort te gaan nie.

• Die geveg tussen die mans het ‘n nadraai gehad toe die vyftienjarige Adri (mnr. Groenewald se dogter) Woensdag in haar klas deur ‘n seun beseer is. Volgens haar het hy aanmerkings gemaak oor haar pa en die ander man wat deel was van die geveg en ‘n tafel teen haar vasgeskop. Sy beweer dat hy haar ook wou aanrand, maar dat die ander seuns in die klas hom gekeer het.

Die onderwyseres was nie in die klas ten tyde van die gebeure nie.

Mnr. Groenewald het die gebeure by die polisie aangemeld, waartydens die ma en seun na die polisiestasie ontbied en al die partye berispe is. Geen klagtes is geopen nie.

• Die sakemanne wou nie hul name bekend maak in die Observer nie en gesê dat hulle bewyse het dat mnr. Groenewald se weergawe van die gebeure nie die waarheid is nie.

Opvolg: Sakeman gee sy weergawe

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button