News

Video: Beeste vrek op strepe

'n Ondraaglike stank hang oor een van die mees versteekte natuur juwele weens die vrektes van beeste.

Weiding is min en dis moontlik dat die beeste weens verhongering kon vrek, hoewel die erg besoedelde Klein Olifantsrivier ook beslis iets met die vrektes te doene kan hê.

Die karkasse lê versprei oor ‘n groot area al langs die rivier af waar Botshabelo teen Avalon grens.

Tydens die Observer se besoek is altesaam tien karkasse, onder meer dié van drie kalwers, getel, hoewel ‘n leser wat die gru-vonds rapporteer het, sê hy het ophou tel by 16.

Tydens navrae oor die moontlike oorsake vir die vrektes, het ‘n plaaslike veearts gesê daar kan baie redes wees.

Hy het voorgestel dat die staasveearts in kennis gestel word van die vrektes, sodat behoorlike nadoodse ondersoeke gedoen kan word.

Die karkasse moet ook verbrand word, om verdere verspreiding van siektes te voorkom.

Bestaansboere word gereeld met hulle vee in die omgewing opgemerk.

Daar is ook verskeie krale waar die karkasse gevind is.

Staatsveearts, dr. Shepard Matema, sê hy vermoed die beeste is moontlik met ‘n organiese fosfaat, soos dié in insekdoders, vergiftig.

Hy hy het onlangs ‘n geval gehad in die Stoffbergdistrik waar 22 beeste gevrek het, nadat hulle water uit houers, wat met organiese fosfaat besmet is, gesuip het.

Dr. Matema het dadelik ondersoek gaan instel, maar kon nie voor druktyd sê wat hy vermoed die oorsaak is nie.

Hy het egter gesê dat waterbesoedeling beslis ook ‘n rol in die vrektes kon speel.

•Gaan kyk na ‘n video op www.mobserver.co.za.

•Weet jy dalk wat die rede is vir die vrektes of wil jy kommentaar lewer, stuur die woord cow na 37940 en daarna jou kommentaar. ‘n SMS kos R1.50.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button