Nuusflits: Twaalf val boer aan
'n Woeste skietgeveg het losgebreek toe 'n geskatte 12 swaar gewapende rowers op 'n boer en een van sy werknemers losgebrand het kort nadat hulle vanoggend ontbyt geeet het op die plaas Oostenwal.
Die aanvallers het volgens inligting bloot uit hul voertuig geklim en begin skiet na hul aankoms op die plaas.
Vinnige optrede deur ander boere het bygedra tot die voorkeer van twee verdagte voertuie, ‘n minibus taxi en Toyota Corolla, op ‘n plaaspad, waar nog ‘n skietgeveg uitgebreek het.
Een rower is swaar gewond en die ander het in die veld in gevlug. Die gewonde aanvallers is per ambulans van die toneel verwyder.
Boere van heinde en verre het hulle na Laersdrift gehaas om te help soek na die verdagtes.
‘n Privaat helikopter het ondersteuning vanuit die lug gebied. ‘n Polisie helikopter het hom ‘n paar ure later by die soektog aangesluit.
‘n Lid van die soekgeselskap is gewond toe hy op een Van die aanvallers in ‘n sloot afgekom het. Hy is na Middelburg gehaas vir mediese behandeling.

Teen sononder is nog ‘n aanvaller gearresteer en ‘n ander een noodlottig gewond.
Die soektog na die oorblywende nege verdagtes duur voort.
Opvolg: Soektog na aanvallers duur voort
