Baba verlate op sypaadjie
’n Vier tot sesdae oue baba is Vrydag in ’n houer wat gebruik word om nuwe platskerm televisies te beskerm, op die sypaadjie van Ribbokstraat in Groblersdal gevind.
Volgens a/o Stanley Magaela, het lede van die gemeenskap omstreek 17:30 die polisie laat weet van ’n baba wat verlate op dié sypaadjie gelos is.
Lt. kol. Rachelle Lategan het haar onmiddellik na die toneel gehaas, en gevind dat die baba nog leef. Lt. kol. Lategan het die babadogtertjie na Groblersdal Hospitaal geneem vir behandeling.
Die baba is steeds in Groblersdal Hospitaal en lt. kol. Lategan besoek die wonderwerkie elke dag. “Dit gaan baie goed met haar, sy is gesond en dierbaar,” sê lt. kol. Lategan.
Maatskaplike werkers van die polisie is tans in die proses om ’n plek van veiligheid te soek vir die dogtertjie in Polokwane.
Groblersdal SAPS doen ’n beroep op die gemeenskap, indien daar inligting rakende die moeder van hierdie baba is, om dadelik die SAP in kennis te stel by 013 262 8600.
Lees verwante stories hier:
(Warning Graphic content): Police no closer to finding mother
(Warning Graphic Content) Baby dumped by mother survive unscathed
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

