NewsUpdate

Opvolg: Plaasaanvallers in hof

Twee van die vermeende vyf plaasaanvallers wat verbind word met die aanval Dinsdag op die plaas Oostenwal wat aan Japie du Toit behoort, het Donderdag vlugtig in die landdroshof op Laersdrift verskyn.

Die mans sal in aanhouding bly tot hul volgende verskyning, wanneer hulle regsverteenwoordigers van die regshulprad aangestel sal word en hulle formeel vir borg gaan aansoek doen.

Hul name word op versoek, as gevolg van ’n steeds sensitiewe ondersoek, weerhou.

Intussen is een van die rowers, wat ernstig beseer is tydens die aanval, steeds in ’n bedenklike toestand in ’n hospitaal.

Daar is vertroulik verneem dat twee van vyf verdagtes vrygelaat is. Dit laat talle vrae ontstaan by mense wat by die soektog betrokke was.

Na wat verneem word, het ’n polisie offisier by die Laersdrift Polisiestasie, die twee verdagtes ondervra en besluit dat hulle nie met die voorval verbind kon word nie. Dit ten spyte daarvan dat een van die verdagtes gearresteer is nadat sy skoene met spore op die toneel verbind is.

Een van die bewysstukke, ’n Samsung tablet, is nooit by die SAP 13 bewyse stoor ingeboek nie. Talle ooggetuies het dit op die toneel sien lê. Dit is deur ’n polisieman in uniform opgetel, kort nadat dit begin lui het. Op daardie stadium was daar nog net lede van die Laersdrift Polisie op die toneel.

Nuusflits: Twaalf val boere aan

Opvolg: Soektog na aanvallers duur voort

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button