News

Video: Stakers brand Twizza trok

Een van Twizza se trokke is Donderdag in voortslepende mynstakings by Steelpoort, sowat 20km voor dié beleerde dorp, aan die brand gesteek.

Dit was die derde trok wat in ligte laaie opgegaan het in gewelddadige stakings wat oorgespoel het na openbare paaie.

Volgens Twizza se algemene bestuurder, mnr. Wessel Doubel, was die koeldrankmaatskappy gelukkig dat die trok reeds sy vrag afgelaai het, voor dit aan die brand gesteek is.

Die brand is geblus voor ernstige skade aan die sleepwaens aangerig kon word, hoewel die perd heeltemal uitgebrand het.

Die skade beloop meer as R1,5 miljoen.

“As ons die vrag verloor het sou daar ’n addisionele R100 000 se verlies wees,” sê mnr. Doubel.

Die trokbestuurder is gelukkig ongedeerd.

 

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button