Opvolg: Moordbende met aktetasse
Hoe meer inligting oor die plaasaanval verlede Dinsdag op Laersdrift vorendag kom, hoe duideliker word die motief: Hulle het gekom om te moor.
“As my seun nie kop gehou het nie, het hulle ons almal daardie dag dood gemaak,” sê Japie du Toit.
Twee voertuie, ’n Toyota Corolla en ’n minbus taxi met verpersoonlike nommerplate en ’n Menlyn Taxi Vereniging plakker op die voorruit, het die plaas Oostenwal 09:00 die oggend binnegery, kamtig opsoek na beeste om te koop.
Hulle is vroeër die oggend in die omgewing opgemerk waar hulle aanwysings na die plaas gevra het.
Een van die mense wat hulle vir aanwysings gevra het, het gesê dat hulle hom gevra het of hy vir wit of swart mense werk.
Toe hy antwoord dat hy vir wit mense werk, het hulle hom uitgetrap en gesê dat hy deel van die probleem is waarmee hulle sit.
Hans Jurgens du Toit moes soos ’n haas op sy eie werf vlug, toe gewapende mans skielik op hom begin skiet het.
Alhoewel daar oorspronklik gesê is dat daar 12 verdagtes was, het die polisie se amptelike verslag die getal later na 11 verminder.
Een aanvaller het ’n Uzzi in sy besit gehad, die ander handwapens.
Twee mans het aktetasse by hulle gehad. Hans Jurgens kon daarin slaag hom self te verdedig en twee skote af te vuur, wat die aanvallers laat vlug het.
“As hulle hom dood geskiet het, sou hulle ons almal dood geskiet het? Wat steel jy as die mense dood is?¨ vra mnr. Du Toit, wat op daardie stadium salig onbewus van die drama in sy eie huis was.
’n Tweede skietgeveg het tussen boere en die aanvallers uitgebreek op die grondpad, nie ver van die Oostenwal opstal af nie. Die aanvallers het daarna die bosse in gevlug.
Twee lede van die moordbende is in die proses gewond en vyf verdagtes is binne 24 uur in hegtenis geneem.
Daar is intussen verneem dat een van die gewondes in die hospitaal in Polokwane dood is. Twee ander verdagtes sal binnekort in die hof verskyn vir hul formele borgaansoek.
Die verdagtes se identiteit word op versoek van die polisie anoniem gehou.
Lees meer hier:
Nuusflits: Twaalf val boere aan
Opvolg: Soektog na aanvallers duur voort
(Video) Update: Five arrested for farm attack
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
