NewsUpdate

Opvolg: Twee ander het in berg gesterf

Die vermiste vlieënier, Jannes Scheepers (24), wat Vrydag vanaf Wonderboom in Pretoria opgestyg het, se liggaam is Sondagmiddag in die onherbergsame Mariepskop omgewing naby Graskop gevind.

Daar was Saterdag ‘n grootskaalse soektog na Scheepers se vliegtuig in die Middelburg en Loskopdam omgewing, nadat radar data aangedui het dat hy dalk in die omgewing neergestort het.

Scheepers, wat as ervare vlieënier beskryf is, het Vrydagoggend vir ‘n pretrit gegaan. Hy het net na 06:00 van Wonderboom af opgestyg.

‘n Ander vlieënier, wie se naam nie bekend is nie, het saam met Scheepers van die lughawe af opgestyg in sy eie vliegtuig.

Hulle was in konstante radiokontak. Die vlieënier het aan owerhede vertel dat hy net duskant Belfast moes omdraai as gevolg van ‘n reuse storm.

Daar is berig dat Scheepers se werknemer bekommerd geraak het toe hy nie opgedaag het nie en sy familie gekontak het. Scheepers werk as vlieënier in Johannesburg.

Die soektog in die Middelburg, Loskopdam en Belfast omgewing het geen vrugte afgewerp nie en is deur digte mis bemoeilik.

‘n Vriend van Scheepers kon daarin slaag om Sondagoggend toegang tot sy skootrekenaar te kry. ‘n Vlugplan op die rekenaar het die soekgeselskap na die Blyderivier-canyon gelei.

Wrakstukke is Sondagmiddag vanuit die lug teen Mariepskop, sowat 20km soos die kraai vlieg van Graskop af, raakgesien deur ‘n lid van die publiek in ‘n privaat vliegtuig wat aan die soektog deelgeneem het.

Reddingslede het die onherbergsame area met behulp van ‘n helikopter bereik. Die helikopter moes egter omdraai om voor donker te land.

Scheepers se liggaam is toe deur reddingswerkers sowat drie kilometer na die naaste pad gedra.

Hy het ‘n GoPro kamera in sy vliegtuig gehad waarmee hy graag oor skilderagtige areas en in bergklowe op gevlieg het om videomateriaal op te neem. Dit is vermoedelik waarmee hy besig was toe die ongeluk plaasgevind het.

Die soekgeselskap het uit privaat vliegtuige, ‘n lugmag helikopter, lede van die K9 reddingspan, Orro Off Road Rescue en die polisie se watervleuel bestaan.

Jacques Benade van die Disaster Management Centre het die soektog gekoördineer.

• Scheepers se vliegtuigongeluk was volgens lede van die reddingspan baie naby aan die plek waar twee Nieu Seelandse burgers in Augustus 2013 in ‘n vliegongeluk dood is.

Richard Primrose en John Walton is beide op die toneel dood verklaar, nadat hulle vliegtuig tydens ‘n vlieg-safari op die plaas Opdenburg neergestort het.

Lees meer hier:

Opvolg: Vlieënier geidentifiseer

Nuusflits: Ligte vlioegtuig verdwyn

Update: Airplane still missing

Opvolg: Soektog steeds aan

Opvolg: Vliegtuig gevind

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button