News

Talle ongelukke op paaie

Middelburg se paaie is hierdie week weer besaai met motorwrakke en die reën het beslis hand bygesit.

Middelburg se paaie is hierdie week weer besaai met motorwrakke en die reën het beslis hand bygesit.

Daar was ‘n ernstige kop-aan-kop botsing Woensdagmiddag op die N4 naby die Woestalleen-afrit tussen ‘n taxi en ‘n Isuzu-bakkie. Beide die bestuurders en ook vyf passasiers het ernstige beserings opgedoen. Daar is ‘n saak van nalatige en roekelose bestuur geopen.

‘n Goedere bakkie van AVBOB se Carltonville-tak het omgeslaan naby Middelburg Hospitaal, maar niemand is ernstig beseer nie.

Nog ‘n bakkie het van die brug geval op die hoek van Ngwako- en Wesstraat. Niemand is gelukkig beseer nie.

In Dr Beyers Naudestraat was drie motors en ‘n taxi ook in ‘n botsing.

‘n Land Rover het vir ‘n trok uitgeswaai en gerol in Suidstraat naby die Dierebeskermingsvereniging. Weereens is niemand ernstig beseer nie.

Video: Five burnt to death

One killed on N4

Wonderwerk op N4

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button