News

Pa rand dogter aan

'n Matriekdogter sal nie haar matriekafskeid onthou vir die mooi aand saam met klasmaats nie, maar omdat haar pa haar in sy dronkenskap ná die geleentheid aangerand het.

Lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum was geskok toe hulle kort voor middernag deur ‘n jong man gevra is om hom te help.

Die GPF en polisie was in Walter Sisulustraat besig nadat GPF-lede gevind het dat Telkomkabels geknip is.

Volgens mnr. Shaun Fergusson (ondervoorsitter, Sektor vier GPF) het ‘n voertuig, waarin ‘n jong paartjie was, by hulle gestop.

Die jong man het uitgeklim en gevra of hulle deel is van ‘n radiogroep, aangesien hulle hulp benodig.

Hy het vir hulle vertel dat hy en sy vriendin vanaf Hoërskool Middelburg se matriekafskeid na haar huis is, waar hy haar sou gaan afsien.

Met hul aankoms by die huis, was haar pa dronk en het ‘n argument ontstaan.

Hy het die dogter rondgepluk en ook haar matriekafskeidrok geskeur. Haar metgesel het hom probeer keer, waarop die seun ook te lyf gegaan is. Die kinders het na buite gevlug en weggery, waarop hulle die GPF-lede langs die pad gekry het.

Die kinders het gevra of lede van die GPF hulle terug kan vergesel huistoe, sodat sy ander klere vir die nag kon gaan haal en sy “te bang was” om alleen by haar pa se huis in te gaan.

‘n Lid van die polisie het hulle huistoe vergesel.

• Die kinders is aangeraai om ‘n saak by die polisie te gaan maak. Teen druktyd kon die mediakantoor nog nie bevestig of daar wel ‘n saak geopen is nie.

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button