News

Bome, dakke verwoes

Saterdagaand se storm het wyd skade aangerig. 'n Teleurgestelde kreet kon uit verskeie huise bo die wind en weer gehoor word toe die krag in Kanonkop kort voor die eindfluitjie in die naelbyt wêreldbeker semifinaal tussen die Springbokke en die All Blacks, afgegaan het.

Die Bokke was teen daardie tyd met twee punte agter en talle mense moes op sosiale media vra wie toe die wedstryd gewen het.

By die Middelburg Mall is daar ‘n gedeelte van die dak afgewaai. In talle strate het groot bome omgewaai en die pad versper.

Die Kanonop Gemeenskaps Polisiërings Forum moes self inspring en bome uit die pad trek, omdat die verkeersafdeling reeds besig was om paaie in Aerorand skoon te maak.

Bome het in Wag ‘n Bietjie, Sipres en Kremetartstraat omgewaai. Daar het ook bome op die Flamingo Meenthuise in Kanonkop geval.

By ‘n huis in Aerorand het ‘n hele muur omgewaai. Die weer het ‘n woonstel by die St. Josephs Tehuis vir bejaardes raakgeslaan sodat jy net sien dakteëls trek.

Marina van der Merwe van Wapadskloof, sowat 50 kilometer buite Middelburg op die Stoffbergpad, het foto’s op die Middelburg Observer Facebook groep gedeel van die skade wat deur die storm aangerig is.

Hael het enkeldiepte op die gras gelê en daar is ook verskeie dakke van geboue afgewaai.

Sondagaand het Eddie Louw gesit en televisie kyk in Kanonkop toe die weer ‘n palmboom raakgeslaan het. Die boom het in vlamme uitgebars en uitgebrand.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button