NewsBreaking News

Nuusflits: Vrou doodgeskiet

’n Vrou is ’n paar uur gelede by ’n besigheid in Belfast doodgeskiet deur een van haar kollegas.

Na wat verneem word het die werker gevra om ‘n draai te gaan loop terwyl hy besig was met ‘n poligraaftoets.

Met sy terugkeer het hy aan twee werkers wat ook in die kantoor was gesê “I love you” en hulle toe gevra om uit die kantoor te gaan.

Daarna het hy na ‘n vrou in die kantoor geloop, die wapen teen haar kop gedruk en die sneller getrek. Die vrou was saam met hom werksaam by die diesel depot. Sy is langs die poligrafis doodgeskiet.

Haar naam is bekend aan die Middelburg Observer maar word weerhou omdat haar familie nog nie in kennis gestel is nie.

Die verdagte het daarna van die toneel af gevlug. Hy het aan iemand in die verbygang gesê “Ek het die bitch geskiet.”

Tydens sy vlugtog het daar ‘n skietgeveg uitgebreek toe hy op sy agtervolgers geskiet en hulle met geweervuur geantwoord het.

Die verdagte is intussen gevang en in polisie aanhouding. Polisiemanne is tans op die toneel besig.

Lees meer verwante stories hier:

Meer navrae na vuurwapens

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button