NewsUpdate

Opvolg: Vermeende moordenaar stil-stil in hof

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Cindy Swanepoel (36) vermoor het, het Vrydagoggend stil-stil in die hof op Belfast verskyn.

Oscar Ndlovu het volgens ooggetuies, vir mev. Swanepoel geskiet deur ‘n vuurwapen, wat hy vermoedelik versteek het, teen haar kop te druk en die sneller te trek.

Dit het gebeur terwyl hy besig was om ‘n poligraaftoets te ondergaan nadat daar dieseldiefstal by die BP brandstof depot ontbloot is.

Ndlovu het volgens die poligrafis, Corne Botha, erken dat hy die diesel gesteel het, gevra om badkamer toe te gaan en onderneem om in detail te verduidelik hoe hy die diesel gesteel het.

Hy het mev. Swanepoel gevra om vir hom ‘n spesifieke datum se kwitansieboek te soek. Met sy terugkeer het hy ‘n wapen teen haar kop gedruk en die sneller getrek. Sy was nie bewus van die wapen nie en is op slag dood.

Daar is vertroulik verneem dat Ndlovu voor die poligraaftoets probeer het om mev. Swanepoel te oortuig om nie met die poligraaftoets voort te gaan nie. Sy self sou ook getoets word.

Hy staar klagtes van moord, poging tot moord, die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in die gesig.

Die saak is uitgestel tot volgende week. ‘n Beplande betoging voor die hof is op die nippertjie afgestel, omdat daar nie betyds toestemming gekry kon word nie en ook omdat die gemeenskap onder die indruk was dat die hof nie Vrydag sit nie.

Nuusflits: Vrou doodgeskiet

Opvolg: Jong ma ‘tereggestel’

Meer navrae na vuurwapens

Update: Woman killed execution style

IMG-20151028-WA0000

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button