Honde in streepsakke vir ure in voertuig gelaat
Me. Natalie Grobler (Vallei Dierefonds) is Maandagoggend gekontak deur ’n lid van die publiek na hul twee honde in streepsakke binne ’n bakkie in die parkeerterrein van die Game sentrum opgemerk het, met nog ’n hond agter op die bakwerk vasgemaak.
Die voertuig was in volle son parkeer en die diere is sonder water vir ure in die voertuig gelaat.
Die voertuig was ongesluit en me. Grobler het die honde uit die streepsakke, wat met draad toegebind was, bevry.
Me. Grobler het die Dierebeskermingsvereniging gekontak waarna hul haar verseker het dat hul iemand van Polokwane sal stuur.
“Die honde het nie ’n uur en half wat hulle nog kon wag vir die DBV om op te daag nie, hulle sou dood gewees het van hitte en dehidrasie teen daardie tyd,” het me. Grobler aan die Daller gesê. Sy het die eienaar van die voertuig sonder sukses probeer opspoor en haar kontaknommer by die karwag gelaat indien die eienaar opsoek is na sy honde.
Me. Grobler het die honde na haar huis geneem, waar sy vir hul water en kos gegee het, asook gedip en gebad, ontwurm en laat ent het.
Die eienaar van die honde het drie ure later vir me. Grobler gekontak. Die man was egter onbewus van die gevare wat dit vir die honde sal in hou om hul in die son in ’n voertuig te laat.
Hy het aan me. Grobler gesê dat hy R4 500 elk vir die opregte boerwindhonde betaal het en hul in Bronkhorstspruit die oggend aangekoop het as geskenk vir sy kinders.
Me. Grobler het aan hom verduidelik dat ’n hond vinnig kan dehidreer wanneer hy in ’n warm voertuig gelaat word sonder water en aan hom bakke met ’n kan yskaswater gegee voor sy die honde aan hom terug besorg het.
Me. Grobler doen ’n beroep op die gemeenskap om geen diere in ’n voertuig te laat nie. “Diere kan breinskade opdoen of selfs sterf van hitte-uitputting in net 15 minute in ’n warm voertuig.
Vir honde is dit ekstra moeilik om die hitte te klop omdat hulle hulself net kan afkoel deur te hyg en te sweet deur hul kussings onder hul pote.”
(Warning Graphic Content) – Bitch and puppies die of hunger
Update: Puppies burnt with hot water
(Warning not for sensitive viewers) – Video: Shocking animal cruelty
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!

