News

Net reën kan dammetjie red

Die Dennesig dammetjie, wat dekades lank al vir oud en jonk 'n trekpleister is, se aantrekkingskrag kwyn by die dag weens damgrasse en alge wat daar oorgeneem het.

Die water is vuil en ‘n geweldige stank hang soggens en saans oor die dammetjie waar hengelaars selde meer opgemerk word.

Selfs die kleilatte is die afgelope vakansie neegelê weens die situasie by die dammetjie waar watervoëls Maandag al spartelende opgemerk is waar hulle vir kos in die damgras gesoek het.

Die probleem word net vererger met die reën wat wegbly en die dammetjie se keerwal was lanklaas nat.

“Die probleem is te danke aan die lae reënvalstatistieke,” sê die parkehoof, me. Dalene Lamprecht, wat bylas dat “sodra ons genoegsaam reën kry, en die stroom afkom, die alge en vuil water weggespoel word”.

Die dammetjies het sy oorsprong uit ‘n fontein wat by die Sterkfontein plot daarnaas ontspring.

Hoewel die fontein die dammetjies voed, is die water wat ontspring en deur talle vleilande vloei, nie genoeg om die dammetjie skoon te was nie.

Me. Lamprecht sê die dammetjie sal beslis beter lyk sodra die hemelse sluise oopgaan.

Daar is Maandag begin met ‘n volskaalse skoonmaak operasie by die dammetjie en omliggende velde en vleilande, waar gras gesny en rommel verwyder is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button