NewsBreaking News

Opvolg: Kindermishandeling: Al drie kinders veilig

Mense van so ver as die Suidkus en Bloemfontein het met afgryse reageer oor die mishandeling van drie kindertjies deur hul ouers.

Skenkings en donasies vir kos, klere en mediese sorg vir die drie kinders – twee seuntjies van onderskeidelik elf dae en nege maande oud, en hul sussie van agt – stroom steeds in nadat al drie kinders verlede Woensdag onder polisiebewaking deur die welsyn verwyder is.

Die pasgebore baba sal moontlik Woensdag dié week uit Midmed Hospitaal ontslaan word, waar hy sedert Woensdag verlede week vir geelsug, ondervoeding en ontwatering behandel word.

Al drie kinders is in veilige bewaring, nadat geskikte pleegouers ook vir die onderontwikkelde dogtertjie gevind is.

Naas ondervoeding en gevolglike ontwikkelingsagterstand, is die meisietjie emosioneel en intelektueel op die vlak van ‘n tweejarige omdat sy nog nooit deur haar ouers skooltoe gestuur is nie.

Die nege maande oue seuntjie se ontwikkeling is ook agter omdat hy soos sy boetie, na bewering selde deur sy ouers gevoer is.

Ontstoke inwoners vra hoe vriende en familie vir meer as agt jaar stilgebly het oor die mishandeling.

“Die wat bewus was van die mishandeling is net so sleg en skuldig soos die ouers,” is die algemene sentiment.

Teen Maandag was daar ook nog geen kriminele klagtes teen die ouers gebring vir kindermishandeling nie.

Volgens die pleegouers van die pasgebore baba, is alle mediese kostes tot dusver met skenkings van plaaslike Samaritane, gedek.

Die pa vertel dat die seuntjie nou fris en gesond is, maar steeds onder wakende oog van ‘n plaaslike pediater behandel word.

“Ons hoop dat ons hom teen Woensdag sal kan huistoe neem,” het hy Maandag dankbaar gesê.

Lees vorige stories hier:

Shocking child abuse, neglect expose

Ouers eet, kinders kyk…

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button