NewsBreaking News

Video: Kar brand – mense help nie, neem videos

Toe ’n kar langs die pad in Aerorand aan die brand slaan, het niemand probeer help nie. Almal het na hul selfone gegryp.

’n Volvo nutswa het Woensdagmiddag langs in Soutpansbergstraat langs die Athlonedam uitgebrand.

Johan Bonthuyzen sê dat hy rook by die voorste paneel sien uitkom het. Hy het dadelik gestop en probeer kyk wat aangaan maar dit was reeds te laat omdat daar klaar vlamme was.

“Daar was so baie mense, ek het gehoop dat iemand met ’n mynbakkie aangehardloop gaan kom met ’n brandblusser. Maar almal het aangehardloop gekom met hul selfone om foto’s en video’s te neem.”

Die brandweer was blitsvinnig op die toneel, maar die motor het so vinnig uitgebrand dat dit reeds heeltemal deur vlamme verswelg was toe hulle daar opdaag.

Die voertuig het binne ’n kwessie van minute uitgebrand.

“Dit was ’n fantastiese kar,” sê mnr. Bonthuyzen. Hy vermoed die brand is deur ’n kortsluiting veroorsaak.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button