News

Man vas wat deur breek

'n Verdagte is Donderdagmiddag vasgetrek nadat 'n huis se deure oopgebreek is.

Breekgeluide by ‘n huis in Du Plessisstraat (oorkant HTS Middelburg) het ‘n buurvrou laat optree. Sy het lede van Middelburg Zello 911 gekontak en gesê dat daar ingebreek word by haar bure se huis.

Met die radiogroep se aankoms, het die booswig die tuinvurk waarmee hy die huis se veiligheids- en houtdeur oopgebreek het, neergesmyt en oor die mure begin spring.

“Toe hy oor die laaste muur spring, het hy byna in die polisievoertuig vasgespring en kon hulle hom net inlaai!” het mnr. Gerhard du Plooy (Zello 911) gesê.

• Teen druktyd kon die polisie nie bevestig of daar iemand rakende die poging tot inbraak gearresteer is nie.

• In die laaste paar weke was daar tientalle gevalle waar huise se deure oopgebreek en huisware gesteel is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button