Opvolg: Mduduzi wéér in hof
Hy dien reeds 'n lewenslange vonnis uit vir 'n moord, maar Mduduzi Nkosi het hierdie week wéér in die hof verskyn. Hierdie keer op klagtes van poging tot moord en verkragting.
Die verhoor sou Dinsdag in die streekhof aangaan, maar is uitgestel omdat Nkosi ‘n nuwe regsverteenwoordiger het van die regshulpraad en hulle nog nie tyd gehad het om behoorlik te konsulteer nie.
In hierdie saak word Nkosi aangekla vir poging tot moord, verkragting en ontvoering na ‘n voorval op 13 Desember 2009 op ‘n plaas op die Loskopdampad.
Hiertydens is ‘n man herhaaldelik met ‘n hamer oor die kop geslaan.
Sy vrou is deur die twee rowers ontvoer, verkrag en langs die pad afgelaai.
• Johannes Mthimunye, wat saam met Nkosi aangekla is vir hierdie aanval, is in November 2014 skuldig bevind aan verkragting (lewenslank 25 jaar), roof met verswarende omstandighede (15 jaar), poging tot moord (ses jaar) en menseroof (vier jaar). Hy sal eers na 25 jaar kan aansoek doen vir parool.
Die sake is van mekaar geskei, omdat Nkosi op daardie stadium op vrye voet was nadat hy ontsnap het.
• Nkosi is Desembermaand lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op mnr. Johan Venter en die poging tot moord op sy vrou Rentia. Mnr. Venter is op 22 Januarie 2010 doodgeskiet en sy vrou ernstig beseer.
Lees vorige stories hier:
Mduduzi verhoor begin eersdaags
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
