News

Gelukvarkie word nié kaiings!

Hy was so amper 'n gebraaide varkkaiing, maar Rudi die gelukbringer se kastaiings is darem vinnig uit die penarie gekrap!

Rudi was ‘n jong varkie toe hy deel was van die klomp varke wat in die Rockdale omgewing verwyder moes word. Al die siek varke moes geslag word. Die Dierebeskermingsvereniging kon egter die knapie deurhaal, waarop hy dadelik as die DBV se gelukbringer gedoop is.

Die vark is aangeneem deur me. Ansie James (die DBV media skakelbeampte) wat hom hand grootgemaak het die afgelope ses maande in die Leeupoortjie omgewing.

Dinsdagmiddag was Rudi egter skielik weg uit sy kampie en is die omgewing gefynkam. Volgens me. James het hulle gesien dat die draad opgebuig is aan die teerpad se kant en het hulle dadelik gedink dat hy gesteel is.

Hulle het al die naburige boere gevra of hulle nie dalk vir Rudi gesien het nie, waarop hulle verneem het dat die varkie na ‘n nabygeleë plaas op die Slaghoekplaas geneem is.

“Toe ons daar kom, was Rudi in die hok saam met ander varke wat Woensdag geslag moes word! Ons het hom net betyds gered.”

In die geval waar plaasdiere gevind word, moet die plaaslike munisipaliteit of DBV in kennis gestel word.

Die persoon moet binne sewe dae die dier adverteer en dan is daar ook ‘n 21 dae skutperiode alvorens die dier van kant gemaak of aangeneem kan word.

Teen Woensdag was Rudi egter weer baas van die plaas en het oral in sy kamp rondgetrippel.

• Senior insp. Petro Oberholzer (Middelburg DBV bestuurder) sê hulle het tans ‘n groot probleem met mense wat veral troeteldiere soos katte en honde hou wanneer hulle dit in die strate kry. “Hulle beskuldig die DBV dat ons net diere uitsit!”

Mense wie se diere verlore raak, bel gewoonlik dadelik die DBV om te vra of die diere nie daar afgegee word nie en dan kan hulle nie gehelp word nie.

Sy doen ‘n dringende beroep op mense wie rondloper troeteldiere vind, om dit aan te meld by die DBV (013 246 1201) of die diere in te bring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button