News

Vrou langs pad gekry

'n Jong vrou is Donderdagoggend vas aan die slaap voor 'n gastehuis se hek in Kanonkop gevind.

‘n Fietsryer (wat anoniem wil bly) sê sy het omstreeks 05:15 die vrou voor die hek sien lê. “Sy was vas aan die slaap. Wat my opgeval het, is dat sy kaalvoet was en nie eers ‘n handsak by haar gehad het nie. Ek kon haar nie net daar los nie!”

Sy het dadelik ‘n noodroep uitgesaai, waarna lede van GPF Sektor vier daarheen gejaag en hulp verleen het.

• Die Observer het betroubaar verneem dat die meisie Woensdagaand by ‘n bekende restaurant was en ‘n drankie saam met ‘n man gedrink het. Sy kan klaarblyklik nie veel verder van die aand onthou nie. Die vermoede bestaan dat haar drankie gedokter is. Die man het haar na bewering net voor die gastehuis afgelaai en gery.

Teen druktyd was die vrou nog by die dokter waar sy behandeling ontvang het.

Back to top button