News

Vrou langs pad gekry

'n Jong vrou is Donderdagoggend vas aan die slaap voor 'n gastehuis se hek in Kanonkop gevind.

‘n Fietsryer (wat anoniem wil bly) sê sy het omstreeks 05:15 die vrou voor die hek sien lê. “Sy was vas aan die slaap. Wat my opgeval het, is dat sy kaalvoet was en nie eers ‘n handsak by haar gehad het nie. Ek kon haar nie net daar los nie!”

Sy het dadelik ‘n noodroep uitgesaai, waarna lede van GPF Sektor vier daarheen gejaag en hulp verleen het.

• Die Observer het betroubaar verneem dat die meisie Woensdagaand by ‘n bekende restaurant was en ‘n drankie saam met ‘n man gedrink het. Sy kan klaarblyklik nie veel verder van die aand onthou nie. Die vermoede bestaan dat haar drankie gedokter is. Die man het haar na bewering net voor die gastehuis afgelaai en gery.

Teen druktyd was die vrou nog by die dokter waar sy behandeling ontvang het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button