Duur kwad in Aerorand gesteel
'n Slagoffer van 'n kwaddiefstal wens die diewe alles wat sleg is toe en bied 'n R5 000 beloning aan vir iemand wat inligting sal verskaf wat tot hul arrestasie sal lei.
“Ek wens die dief en sy trawante vrek ‘n stadige dood. Mense soos julle hoort nie op hierdie aarde nie. Jy kan nie net in my erf inkom en my goed vat nie! ” het mnr.
André van Rooyen Donderdag uitgeroep nadat hulle die vorige aand sy vierwielaangedrewe Polaris 850cc motorfiets by hul huis in Bamboesbergstraat (Aerorand) gesteel het.
Die booswigte het die slot oopgebreek, waarna hulle die skuifhek van die spoor afgetel het.
Mnr. Van Rooyen sê die kwad was bo-op ‘n waentjie agter hul voertuie en dat die motorfiets self met ‘n kabel vasgesluit was.
“Hulle het eenvoudig die kabel met ‘n boutsnyer afgesny en die kwad van die waentjie afgetel. Dit kon nie een of twee diewe gewees het nie, want daardie kwad is swaar!”
Enige persoon met inligting kan mnr. Van Rooyen bel by 083 631 4691.
