News

Vermeende rower en kaartkloner vas

Die bestuurder van ’m BMW wat positief verbind word met ’n rooftog in Groblersdal en die gebruik van ’n gekloonde kaart in Middelburg, is deur die blitsige optrede van ’n gespesialiseerde sekuriteitsfirma vasgetrek.

Daar is die eerste keer van ’n BMW melding gemaak tydens ’n rooftog vroeg in Februarie in Groblersdal. Hiertydens het drie gewapende booswigte by die Vodacom winkel ingestorm en selfone geëis.

Daardie selfde week, op 12 Februarie, trek ’n swart BMW in by die Engen Motorhawe in Kanonkop en gooi R1 400 se brandstof in.

Kort nadat die BMW vertrek het, word mnr. Christo de Ridder (Kanonkop Engen) gekontak deur ’n mnr. Hennie Venter van Garsfontein wat sê dat daar ’n transaksie by hom afgegaan het en hy is nie naby Middelburg nie!

Almal het dadelik besef dat die bestuurder van die BMW mnr. Venter se kaart gekloon het! Interessant om te meld dat die verdagte met ’n FNB-kaart betaal het, maar dat mnr. Venter ’n kliët van Absa is.

Al radiogroepe, asook GPF-sektore was die nag op die uitkyk vir die voertuig, maar hy het soos ’n groot speld verdwyn.

Mnr. Louwrens du Plessis (van Specialized Protection Group) is lid van Zello 911 Middelburg en het dieselfde aand nog vir sy sekuriteitsbeamptes gevra om op die uitkyk te wees vir die voertuig.

Die aand van 19 Februarie het van sy sekuriteitspersoneel van Ultra City (Wes, eMalahleni se rigting) hom laat weet dat hulle die swart BMW opgemerk het. Die insittendes, twee mans, het uitgeklim en iets gekoop in die geriefswinkel.

Die bestuurder wou brandstof ingooi, maar hy het daarteen besluit en weggery.

Mnr. Du Plessis en sy span het dadelik reageer en die area gefynkam en die aand ook patrollies in die dorp gery om te kyk of hulle nie die voertuig opmerk nie. Laatnag het mnr. Du Plessis en sy seun, Gerdus die voertuig opgemerk by die Shell Motorhawe in Walter Sisulu.

Hulle het dadelik die polisie gebel, waarop die bestuurder van die voertuig gearresteer is. Sy passasier, wat vroeër die aand in die voertuig was, was nie my by hom nie en hulle vermoed dat hy hom iewers afgelaai het.

• Themba Seun Nkosi (33, van Mhluzi) het in Middelburg in die hof verskyn op ’n klagte van bedrog na aanleiding van die gekloonde kaart. Borg van R2 000 is toegestaan.

• Op navraag deur die Daller joernalis, Janine van Staden, aan die hof op Groblersdal of hy op die roofklagte verskyn het, het hulle gemeld dat hy nie daar verskyn het nie.

Dit is op hierdie stadium ook nie duidelik of Nkosi al aangekla is op die klagte van bedrog wat mnr. Venter geopen het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button