NewsUpdate

Opvolg: Saak van rol geskrap

Die saak van poging tot moord teen Estelle Oberholzer is voorlopig van die rol geskrap.

Oberholzer is net voor Kersfees gearresteer nadat die seun van haar huishulp, ‘n klag van poging tot moord teen haar geopen het. Die ma en haar kind mag nie geïdentifiseer word nie omdat die seun minderjarig is.

Mev. Oberholzer beweer sy het ‘n waarskuwingskoot afgevuur, nadat daar ‘n onderonsie tussen die seun en haar man was. Sy sê dat sy die geweer langs haar na die gras gerig het, bykans 40 meter van waar haar man en die seun gestaan het. Die seun beweer “dat hy die koeël verby sy kop hoor fluit het”.

Nadat mev. Oberholzer by die polisiestasie in Middelburg aangekom het, moes haar man en ‘n vriendin terug plaas toe ry om haar identiteitsboekie en haar vuurwapenlisensie te gaan haal.

Met hulle aankoms op die plaas het hulle ontdek dat al haar dokumentasie, asook kontant, gesteel is.

Tydens me. Oberholzer se laaste hofverskyning is die saak van die rol geskrap nadat die staat uitstel gevra het om die klaer en sy ma te dagvaar om voor die hof te verskyn.

Daar is ‘n klag van diefstal teen die huishulp geopen, asook ‘n klag van aanranding teen die minderjarige seun. Dit is egter onduidelik wat van die sake geword het.

Lees vorige berig hier:

Bejaarde boervrou gearresteer

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button