News

Video: Blinde sanger raak almal se harte

Vernon Barnard (22), die blinde sanger wat Middelburg aan sy voete gehad het, het nou op The Voice sy stempel afgedruk!

Die opname van The Voice Sondag, het almal, selfs die beoordelaars, in trane gehad.

Die oomblik toe Vernon begin met die liedjie, The Story of My Life, het Bobby van Jaarsveld op sy stoel begin rondskuif. Etlike minute later was hy in trane.

Vernon is nou deel van “Team Bobby”.

Middelburgers wat na die program gekyk het, was ook in trane, want is dit dan nie die nederige jong man wat by vele gesellighede in ons dorp, en ook regoor die land by feeste, sy getuienis gegee het nie?

Die gesin het vir ’n paar jaar in Middelburg gebly en het in Oktober verlede jaar na Swellendam verhuis.

Die tyd wat hy in ons dorp gebly het, het hy diep spore getrap.

Vernon was die motiveringspreker voor 200 joernaliste tydens die No Guts No Glory-seminaar wat die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste verlede jaar by Olifants River Lodge aangebied het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button