News

Ouma, kleindogter aangehou

'n Ouma en haar 13-jarige kleindogter is Donderdagmiddag (25 Februarie 2016) deur gewapende mans by hul huis in Dennesig aangehou.

Gerda Roberts het pas by die huis aangekom, nadat sy haar kleindogter Chanté Botes, by die skool gaan oplaai het.

In haar oprit het ‘n wit motor met sy neus na die straat toe parkeer gestaan. Die hek was oopgetrek.

“Ons het gedink dit is my oupa toe stop ons langs hom,” het ‘n getraumatiseerde Chanté vertel.

‘n Man met ‘n vuurwapen het op hul afgestorm en hul beveel om die motor se deure oop te maak. Hy het deur me. Roberts se handsak gesoek vir waardevolle items.

Nog rowers het die twee vroue die huis ingesleep en die deur agter hulle toegemaak. Hulle het twee televisiestelle en juwele uit die huis gebuit en in ‘n wit sedan gevlug.

Niemand is beseer nie. Die polisie is tans besig om leidrade op te volg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button