My Beurt: Tobie van den Bergh
Wees wakker! uphapheme! Nee, dit is nie 'n skool se leuse nie, dit is Suid-Afrika se nuwe leuse.

Wees wakker!
Elke tweede skool se leuse is mos: Wees wakker of Ons Bou!
Ons Bou het lankal verander na: Ons breek af. Ons brand af. Ons demand.
Met die nuwe Suid-Afrika het die leuse van Ex unitate vires – From unity, strength – verander na .?ke e: ?xarra ?ke – diverse people unite.
Ja en nou is dit: Wees Wakker.
!*!&^! – of jy gaan – !)*!&!
Om elke hoek en draai lê “hulle” vir jou en wag.
Klim jy in jou kar en ry dorp toe: Wees wakker!
Keer vir jou beursie, jou selfoon en jou handsak.
Jou kar se sentrale sluitstelsel gaan buite werking gestel word.
As jy gaan geld trek: Wees wakker!
Op een of ander manier gaan “hulle” jou kaart in die hande kry en in ‘n japtrap is jou geld weg.
Doen jy sake met enigiemand: Wees wakker!
Koop ‘n kar en glo andermaal in die “eerlike” en “vriendelike” verkoopsman.
Bestudeer hierdie maand die rekening. Ongelooflik! Skielik het die koopprys met R15 000 aangegroei.
Wees wakker vir Valsboek.
‘n Vriend se gewese vrou se status verander skielik na “in ‘n verhouding”.
Die nuwe man in haar lewe werk op skepe, ‘n ingenieur.
Sy foto is daar, de lot.
En toe moet sy begin geld inbetaal, sodat hy ‘n pakkie kan afhaal.
Later leen sy by familie geld.
Duisende rande word bestee, maar die man bestaan nie eers nie en dit is ‘n skema bedryf deur Nigeriërs uit Johannesburg.
Wees wakker! Jou geld in die bank is nie veilig nie.
Standard Bank het in ‘n japtrap R300 milj. verloor.
Gelukkig is daar iets soos “notification” op jou selfoon wat transaksies aandui.
En so verdwyn R1 000 een aand, oorbetaal aan MTN.
Nog nooit met MTN sake gedoen nie.
“Iemand was in jou rekening,” bevestig die bank.
Hoe lank moet ons aangaan om julle te oortuig?
Nee, dit is nie meer ?ke e: ?xarra ?ke nie, dit is: Wees wakker?
