News

Nog ’n Puma-senter doen ernstige kniebesering op

Veldtog begin om mediese uitgawes te dek nadat sentermaat suksesvol geopereer is.

Nog ’n Puma-senter, weer ’n ernstige kniebesering en nog reuse- mediese uitgawes.

Die Puma-senter, Nathan Jansen van Vuuren, het tydens ’n wedstryd teen die Valke vroeër vanjaar ’n ernstige kniebesering opgedoen, wat sy Cravenweek-drome verpletter het.

Die gemeenskap het saamgestaan en R230 350 is vir die HTS Middelburg-speler ingesamel.

Die seun op die rugbyveld.
Blake Faber op die aanval vir Hoërskool Middelburg. FOTO: Verskaf

Hy het intussen so goed met sy rehabilitasie gevorder, dat hy weer volgende jaar vir die Rooi Bulle kan uitdraf.

Nou het sy Puma-sentermaat, Blake Faber van Hoërskool Middelburg, sy knieligamente en meniskus so ernstig beseer tydens ’n oefening, dat hy ook mediese sorg en langtermyn rehabilitasie nodig het.

’n BackaBuddyveldtog is begin om die gesin te help.

Nathan Jansen van Vuuren op die oorlogspad teen die Valke. Hy het kort nadat die foto geneem is ’n ernstige kniebesering oopgedoen. FOTO: Tobie van den Bergh

Die mediese fonds het ’n groot gedeelte van die kostes gedek, maar daar is nog R100 000 nodig om die belowende senter weer op die been te kry.

Hy word tans in die Midmed-hospitaal behandel.

• Hoërskool Middelburg se rugbyhoof, Christiaan Gouws, het gevra dat, soos in die geval met Nathan, die belowende senter gehelp moet word om sy rugbyloopbaan voort te sit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button