News

Opvolg: Daar’s lewe na verslawing

Dinsdag, drie jaar gelede, was Monique Germishuizen 'n wandelende lyk van 35kg.

Op 7 Junie 2013, het Monique vir die hoeveelste keer haar eie lewe probeer neem, deur vier sakkies heroïen in haar are op te spuit.

In plaas van sweef na die hiernamaals, het sy ure later wakker geskrik, en het die realiteit haar soos yswater in die gesig getref: “Dis nie jou tyd nie girl, leef!”.

Haar dogtertjie was vyf, toe mamma Monique uit haar lewe geruk is.

Naas die gat in haar hart weens haar dogtertjie in pleegsorg, het serviks kanker haar binneste opgevreet.

Die bruin duiwelsdrek was haar anker.

Beide die kanker, en hereniging met haar kind, was ‘n stryd wat sy later sou wen.

Haar verslawing was egter ‘n draak van ‘n ander kleur. Juis daarom herinner sy ons: “Ek is Monique, en ek is ‘n verslaafde. Gerehabiliteer, maar rehabiliterend”.

Dinsdag is die beeldskone blondine met die fietse lyfie se danksegging om lewe, binne net ure, 1000 keer landwyd op Facebook gedeel, met honderde gelukwensings selfs uit die Parlement, en 2100 likes, wat net klim.

As jy haar sien, glimlag sy, maar in haar binnekamer kan Monique nie die gedagtes oor haar dogtertjie se bykans drie jaar lange ontbering sonder haar, stil nie.

“Waar’s my mamma?”. “Wat’s fout met my mamma?”. “Gaan ek mamma ooit weer sien?”. “Het mamma van my vergeet?”. Gedagtes wat duisend maal daagliks waar sy op sypaadjies sou val, deur haar brein maal, en vir ewig sal…

“My kind was die laaste strooi, voordat hulle haar weggevat het, het ek die inplanting gekry, maar ek wou nie lewe nie, so ek het enige ding, heroïen, Methadone, Subotex, selfs Linizen hoesgoed gespuit, alles reguit organe toe”.

Met haar opname in ‘n kliniek, moes susters en besorgde verslaafdes vir drie dae, voltyds langs haar bed waak, haar voer, haar menslike nood verlig.

“Ek kon nie self eet of sluk nie, my organe het opgepak, my lewer vergroot, my niere versaak, my galblaas het die aftog geblaas, my lyf het gecrash”.

Die vierde dag, het sy weer lewe begin voel, en ingeval by haar mede-verslaafdes se doringbesaaide pad na herstel. “‘n Klomp verslaafdes onder een dak is nie ‘n grap nie, dit gaan rof!”.

Haar vangnet tydens rehabilitasie was die beraders, mediese personeel en mede-verslaafdes, daarna, ds. Francois Kruger, verbonde aan die Gereformeerde Kerk Noord, wat vir haar ‘n gemeubileerde plekkie van haar eie gereël het.

Twee dae later het sy begin werk as aktetikster by ‘n prokureursfirma, ‘n pos wat sy later sou verruil vir haar huidige pos by ‘n vooraanstaande firma hier, wat Monique sou bystaan om haar dogtertjie terug te kry, op kursusse stuur, haar sou help om ‘n ryding te bekom, en hegte familie van haar sou word. “Dankie julle!”.

Soos sere heel, so is daar heling vir dwelmverslaafdes. Vra maar vir Monique Germishuizen, wat drie jaar al van verslawing bevry is, en nie meer die uiterlike letsels van dwelmmisbruik dra nie.
Soos sere heel, so is daar heling vir dwelmverslaafdes. Vra maar vir Monique Germishuizen, wat drie jaar al van verslawing bevry is, en nie meer die uiterlike letsels van dwelmmisbruik dra nie.

Die vreugde om haar dogtertjie, nou nege, se goedjies by die pleeghuis te gaan pak, met die engelstemmetjie wat neul “mamma kom ons gaan huistoe,” kan Monique aan niemand beskryf nie.

Maar, daar is baie om voor dankbaar te wees – “Jesus het ‘n fantastiese vriendin, Eliouse de Bruyn, en nuwe liefde JR Hamman, oor my pad gestuur”.

Maar haar grootste dank gaan aan God: “Hy is die enigste ware verlosser, mense vra my daagliks hoe ek my verslawing oorwin het, en die antwoord bly dieselfde, die Kruis, Sy Kruis is my Kruis, is jou Kruis, en die Kruis moet jy dra, hoe swaar ook al!”.

Monique Germishuizen is drie jaar skoon van heroïen, en twee jaar kankervry. “Hoe awesome is God?!”.

Haar wenke aan ander wandelende kadawers:

•Weet jy’t verloor.

•Weet daar is hoop, so lank die hart klop.

•Gee jou hart vir die Here wat hom uit genade laat klop.

•’n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees, so begin oefen.

• Praat asof jy voor God staan, daar is mense wat bekhou en luister.

•As jy nie kan praat nie, skryf, en lees jou verhaal, eien jou wortels en jou triggers.

Lees vorige stories hier:

Vyf vriende het al gesterf

Opvolg: Inspirerende verhaal gryp wêreld aan

•As jy nie geestelik sterk genoeg is vir ‘n verhouding met God nie, sluit aan by ‘n ondersteuningsgroep, selgroep of omgeegroep, doen Jesus se werk, deel jou storie soos ek.

Monique bedank die derduisende mense wat sedert haar eerste onderhoud met die Observer, wêreldwyd woorde van motivering en ondersteuning bied.

“Elke keer as my storie geshare word, bid ek dit skreeu daar’s hoop. Daar’s hulp. Daar’s lewe na verslawing. Op 7 Junie 2016, was ek drie jaar skoon, en daar is net blessings elke dag, almal wat gehelp het en steeds help, my gemeenskap wat my nie oordeel nie, my motiveer, my aanvaar vir waar ek nou is, en bid vir waarheen ek gaan. Ek is geseënd, al is dit net om my ogies elke dag oop te kan maak en weet, Monique, jy’s ‘n nuwe meisie, you rock mama!”.

Lees ander stories hier:

Video: A mother’s sin

Nyaope and crime walk hand in hand

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button