Middelburgse skole mik na sewes-kroon
Die Mpumalanga-seweskampioene word dié naweek bepaal, met Nelspruit se Wit Renosters, HTS Middelburg se Rooi Bulle en die Middies onder die spanne om dop te hou.
Mpumalanga soek dié naweek sy sewes-kampioene, met Nelspruit se Wit Renosters as die span om te klop nadat hulle die afgelope naweek skoonskip gemaak het by die Impi Visser-sewestoernooi in Ermelo.
’n Geweldige stryd word tussen die Laevelders, HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg verwag.
In sewesrugby kan selfs die kleinste skool verras, en daarom is dit nie ’n uitgemaakte saak dat een van die meer bekende rugbyskole met die louere sal wegstap nie.
Ligbron was verlede jaar se grootskole-kampioene, terwyl Uplands die kleiner skole se kroon ingepalm het.
Die Mpumalanga-sewesligatoernooi, ook bekend as die Kampioen van Kampioene, word dié naweek, 11 en 12 September, aangebied.
Die o. 15-spanne kom vandag en môre by Penryn in aksie, terwyl die o. 17-spanne by Hoërskool Hoogenhout sake uitspook.
Hoërskool Middelburg se o. 17-span
Mogudi Phalane, Ntokozo Sibeko, Kgontse Masilela, Dante la Grange, Aiden van Heerden, Markus Schoeman, Menzi Siyaya, Asande Zulu, Lihle Nkadimeng, Juan May, Tsephang Tshehla, Nthando Gambu.
HTS Middelburg
Vusi Sibiya, Jayden Olds, Ruan Janse van Vuuren, Ovayo Banele Feni, Cornelius van Heerden, KG Kgopane, Adrian Humphries, Bonolo Mokwena, Evan van Heerden, Liam Jacobs, Unathi Masango, Devon Botha.
- Steelcrest sukkel met beserings en het teen laat in die week nog nie sy span bekend gemaak nie.
